E Copy

Date:

Potch Gim, Duineveld en Menlopark pak Grey op Sportdag

GEORG VAN ECK

Die rugby en hokkiespanne van drie skole, Menlopark van Pretoria, Duineweld van Upington en Potchefstroom Gimnasium, besoek Grey Kollege aanstaande naweek vir die skool se jaarlikse Kovsie Sportdag in Bloemfontein.

’n Ware rugbyfees word Vrydag, 21 Maart verwag met 24 wedstryde op ses velde by die skool.

Die eerste wedstryde skop om 07:30 af. Die hoogtepunt is die hoofwedstryd waarin die Cherries en Grey teen die eerste spanne van onderskeidelik Duineveld en Menlopark om 12:30 en 13:45 op die hoofveld te staan kom.

Saterdag sal vyf hokkiespanne van Grey die besoekende spanne van Potchefstroom op Grey se astrobaan aandurf. Die eerste wedstryd tussen die o.16 B-spanne vind om 08:00 plaas en die eerste spanne van die twee skole pak mekaar in die hoofwedstryd om 13:00.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...