E Copy

Date:

Possies ryg medaljes in

Willem Postma Primêre Skool se swemspan het in Februarie aan die interprimêre swemgala deelgeneem. Swemmers van Suid- en Noord-Vrystaat het teen mekaar meegeding.
Die Possies-swemmers het 9 goue, 5 silwer- en 18 bronsmedaljes verower. Die meisies o.13-span het in albei die aflosse (vryslag en individuele wisselslag) goue medaljes verower. Hulle is Rachelle Stockenström, Anke Weyers, Elizabeth Joubert, Lizri Weyers, Danielle Pienaar en Heléne Jansen van Rensburg.
Elizabeth Joubert (meisies o.11) het ‘n goue medalje vir 100m-borsslag, ‘n silwermedalje vir 50m-borsslag en ‘n bronsmedalje vir 200m- individuele wisselslag ingepalm.
Carlé Stockenström (meisies o.10) het brons vir 50m-borsslag gewen; terwyl Cobus Botes (seuns o.11) silwer vir 100m-vlinderslag en brons vir 50m-vlinderslag; Lizri Weyers (meisies o.13) silwer vir 50m-vlinderslag, brons vir 100m-vlinderslag en brons vir 50m-vryslag; Danielle Pienaar (meisies, o.13) silwer vir 100m borsslag en silwer vir 100m vryslag; en Rachelle Stockenström (meisies, o.13) silwer vir 50m-rugslag, gewen het.
Die meisies o.10-aflosspan, bestaande uit Mia Schimper, Carlé Stockenström, Jana-Mari Erasmus en Tarien van der Linde, het ‘n derde plek verwerf in die wisselslag-aflos. Die meisies o.10-aflosspan, bestaande uit Anke van der Poel, Carlé Stockenström, Jana-Mari Erasmus en Tarien van der Linde, het ‘n derde plek verwerf in die vryslag-aflos. Die seuns o.10-aflosspan, bestaande uit Matthys de Plessis, Ivan Hoffman, Olin Blake en Janu Janse van Rensburg het ‘n derde plek in die vryslag-aflos verwerf.

Die trotse Possies-aflosspanne.
Die trotse Possies-aflosspanne.

Share post:

Popular

More like this
Related

Motsoaledi reaffirms quality healthcare for all South Africans

Health Minister, Dr Aaron Motsoaledi has reiterated government’s commitment...

Mangaung turns to solar amid electricity woes

With rising electricity costs and frequent power interruptions, more...

Nuwe era begin vir Ixias-rugby

'n Nuwe era by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie...

Wounded Gallants now target Carling Knockout Cup final spot

The Bloemfontein-based Marumo Gallants will be looking to go...