Willem Postma Primêre Skool het onlangs sy heel eerste Amazing Race – Possies@Preller gehou. Ouers en leerders in spanne van vier moes leidrade volg en uitdagings voltooi net soos in die gewilde TV-reeks. Die wenspan van die dag was die ma’s-span, “Die haastige henne”. Kyk aanlyn vir nog foto’s van die dag. Hier is een van die spanne met die raaisels wat hulle reeds opgelos het.