Ek het u artikel "Toekoms onbekend, maar gemoedere sterk" in die Courant (Bambini) van 20 Maart gesien. Ek is ‘n motiveringspreker wat dwarsdeur Suid-Afrika aanbiedings doen. Ons roeping is om enigeen wat nie 110% positief is nie, te motiveer. Persone word in staat gestel om ander te kan motiveer en inspireer. Inligting, raad en hulp is altyd gratis by ons beskikbaar. Ons help ook werknemers om hulle on-produktiewe werknemers tot baie produktief, te inspireer. Ons het ook ‘n Lag Jou Slap-klub.
Laasgenoemde is Maandagaande om 19:00 te Besselsenstraat 81, Universitas, Bloemfontein. Ons kan egter enigeen help om só ‘n klub enige plek in SA te begin. Ons vermaak ook klein kindertjies met buikspraak by kinderpartytjies – nie konserte vir volwassenes nie. Alles GRATIS, soos die beste dinge in die lewe. Indien ons buite Bloemfontein optree vra ons hulp met reis- en verblyfkoste. Vrywillige donasies is baie welkom, want dit stel ons in staat om dié bediening deur die land en die wêreld laat sneeubal.
Die uitdaging is om mense te kry om ons te gebruik. As gevolg van die algemene negatiwiteit in die land, is mense skepties en min mense is ingestel om ‘buite die boks’ te dink. Die Vader het ons uit ons skoene geseën en het ons hierdie roeping gegee om ‘n verskil vir Hom en ons naaste in ons land en die wêreld te maak.
Elke dag sterf 150 000+ mense wêreldwyd en Sy wil is dat niemand verlore gaan nie. Die tyd (ons tyd), is min en ons wil graag soveel mense moontlik bereik.
DIEKIE CONRADIE
082-440-7875
051-522-2466