Popversameling ‘n kuns

0
512
Adi Dean, byvoorbeeld, het in 1993 besluit om ‘n pophospitaal in Bloemfontein te begin. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Om poppe te versamel blyk nie kinderspeletjies te wees nie. Nog minder is die aanmekaarsit en opknap van ou poppe. Bloemfontein se popversamelaarsgroep het elk ‘n spesialiteit as dit by poprestourasie kom.

Adi Dean, byvoorbeeld, het in 1993 besluit om ‘n pophospitaal in Bloemfontein te begin waarheen mense hul poppe kon stuur as hul nuwe arms, bene of oë gekort het, of om geverf te word. Dean het aan Bloemfontein Courant vertel dat alles vir haar begin het toe sy daardie jaar ‘n werkswinkel bygewoon het en gesien het hoedat mense sukkel om hul poppe te herstel.

“Ek het eers net in my garage gewerk en later besluit om vir my ‘n popkamer in die huis te maak. My man het eendag opgemerk dat dit eerder vir hom soos ‘n hospitaal lyk, en dit is waar die naam Porcelain Doll Hospital ontstaan het.”

Dean vertel dat haar veld meer moderne poppe is. Volgens haar dink baie mense dit is vining en maklik om ‘n pop te herstel, terwyl dit eintlik baie werk is. “Die pop se pruik moet eers afkom, die gips wat die oë vashou, moet gebreek word en dan moet dit alles weer teruggesit word.”

Volgens Dean is daar tye wanneer sy vir mense se poppe nuwe lyfi es moet maak. “Ek het ook ‘n paar van my eie poppe wat saam in my huis ‘woon’.” Nog ‘n groeplid en eienaar van Summerplace Guesthouse, Delene Bester, vertel dat haar spesialiteit tans die halfdolls is. Dié poppe kan regdeur haar gastehuis gesien word.

“Verlede jaar het ek, toe ek gehoor het hierdie groep hou ‘n veiling, met my paar poppies daar ingestap. Tot my verbasing het ‘n vrou na my gekom en gevra of sy die poppies by my kon koop.”

Bester het daar en dan haar hart op poppe verloor en met haar halfdolls en al aangsluit by die popversamelaarsgroep. Sy is die nuutste lid van die groep en saam wil hulle die tradisie van halfdolls laat herleef.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za