Polisielede staan op teen korrupsie by grenspos

0
Polisielede staan op teen korrupsie by grenspos

Vyf mans is by die Maserubrug-grenspos in hegtenis geneem nadat hulle sonder paspoorte, met omkopery, die grens na Lesotho wou oorsteek.
Konstabels Sajene Mofokeng en Motlalepula Koloti het die paspoorte van die insittendes van die motor versoek. Die bestuurder van die motor het ‘n paspoort gehad, maar sy vier passasiers, nie. R800 is toe glo aan die polisiebeamptes oorhandig, waarna die vyf gearresteer is. Tydens ondervraging is ontdek dat vier van die insittendes Lesotho-burgers is en een ‘n Suid-Afrikaner. Die bestuurder is ‘n senior polisielid wat in Welkom gestasioneer is. Die passasiers is Lesotho-burgers. Die voorval het Woensdagaand omstreeks 19:00 plaasgevind. Die mans verskyn Maandag in Ladybrand op aanklagte van omkopery en hulpverlening aan ‘n onwettige migrant.
Lt.genl. Simon Mpembe, Vrystaatse provinsiale kommissaris, het gesê korrupte polisiebeamptes sal nie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens geduld word nie. Hy het die Maserubrug verdere lof toegeswaai vir die weiering om omgekoop word.

No posts to display