E Copy

Date:

Polisie vind R8 miljoen se dwelms by dwelmfabriek

Die  polisie in die Noordwes sê dwelms met ‘n straatwaarde van bykans R8 miljoen is hierdie week in ‘n dwelmfabriek op ‘n plaas naby Rustenburg gevind.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die polisie het Dinsdagaand tydens ‘n ‘n roetine-ondersoek omstreeks 23:00 op die plaas by Boons, afgekom.

“Toe die polisie by die betrokke plaas aangekom het was die hekke gesluit. Terwyl hulle gewag het dat iemand die hekke kom oopsluit, het hulle twee mans sien weghardloop.

Hulle het toe ondersoek gaan instel en ondek dat die plek as dwelmlaboratorium gebruik word. Die eienaar van die plaas is in hegtenis geneem en aangekla vir die oortreding van die Wet op Dwelmmiddels, Wet 140 van 1992,” sê Mokgwabone.

Mandrax-tablette en chemikalieë wat gebruik word om ander dwelmmiddels te vervaardig is binne gevind.

Mokgwabone sê die waarde van die dwelms kan moontlike vermeerder. ‘n Klag van omkopery word ook teen die vrou ondersoek. Sy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Koster verskyn.

-Mark Steenbok

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...