Polisie soek verdagte ná Tweespruit aanval

0
1496

‘n Verdagte is nog soek nadat ‘n 62-jarige boer verskeie kere met ‘n mes op sy plaas in die Tweespruitomgewing in die Vrystaat gesteek is.

Polisiewoorvoerder Martin Xuma sê Dick Osbourne is gisteroggend omstreeks 06:30 deur ‘n 25-jarige man aangeval.

Hy sê Osbourne het sy honde hoor blaf, waarna hy ondersoek gaan instel het en die man in sy kantoor losstaande van die huis aangetref het.

Xuma sê die man het toe vermoedelik ‘n mes uitgepluk en Osbourne twee keer in die rug en een keer in sy bors gesteek. Die aanvaller het later met Osbourne se Land Rover gevlug.

“Die verdagte het later met die Land Rover in ‘n boom vasgery waarna hy te voet gevlug het. Die polisie ondersoek ‘n saak van aanrading met die doel om ernstig te beseer en motordiefstal. Enige iemand met inligting kan die Tweespruit polisiestasie by 051 963 9301 kontak.

Osbourne is tans in stabiele toestand in die hospitaal,” sê Xuma.

Mark Steenbok- Courant Nuus