Polisie soek na drie renosterstropers by Hoopstad

0
610

LANI FOUCHÉ

Die polisie op Hoopstad is steeds op soek na drie verdagtes wat vroeg gisteroggend ‘n Witrenosterkoei onthoring en vermink het in die Sandveld-natuurreservaat.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Billy Jones sê drie stelle voetspore is deur die polisie se honde-eenheid, natuurbewaarders en die staatsveearts, Pierre Nel, gekry waar die renoster lewend, maar ernstig beseer gelê get.

Haar agterste horing is verwyder, en die voorste een gedeeltelik afgehaal.

Sy is ook geskiet en met ‘n groot kapmes aangeval. Die departement van omgewingsake het gesê die renoster is na ‘n plek van veiligheid geneem waar sy vir haar wonde behandel word.

Haar veertien maande oue kalfie is ongeskonde en sal voortaan by ‘n rehabilitasie versorg word.

Bykans 750 renosters is reeds vanjaar vir hul horings in Suid-Afrika vrekgemaak.