SABRINA DEAN – Die liggaam van ‘n vrou is gisteroggend in haar huis in die klein Vrystaatse dorpie van Oranjeville gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, Peter Kareli, was die 56-jarige vrou ‘n vooraanstaande lid van die gemeenskap en was by verskeie liefdadigheidsprojekte betrokke. “Die hartseerste deel van hierdie hele ding is dat die vrou so goed was. Sy het projekte begin daar in die lokasie om mense te leer hoe om seep te maak, sy was regtig so ‘n goeie person,” sê Kareli.
Hy sê haar naam kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien haar familie nog nie van haar dood ingelig is nie.
Kareli sê die vrou se lyk is in haar kamer gevind. Haar hande en voete was vasgebind en sy het kneusplekke op haar kop en liggaam gehad.
Hy sê geen arrestasies is nog gemaak nie, maar die polisie volg verskeie leidrade op en is vol vertroue dat hulle vandag nog ‘n deurbraak kan maak.
Date: