Kimberley. – Die polisie op Victoria-Wes in die Noord-Kaap het op perlemoen van sowat R2 miljoen beslag gelê.
Die polisie het op ‘n wenk gereageer dat ‘n bakkie met ‘n sleepwa die perlemoen op die N12 vervoer. ‘n Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê hulle het op die bakkie afgekom terwyl die sleepwa op die pad tussen Victoria-Wes en Drie Susters gestaan het. Altesaam 64 sakke vol perlemoen is in die voertuig en die sleepwa gekry.
Drie mans is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die hof verskyn.