E Copy

Date:

Polisie fnuik hoenderrooftog

Die polisie in die Vrystaat het vandeesweek ‘n beplande gewapende rooftog afgeweer.  ‘n Vragmotor, wat hoenders aflewer by Thaba Nchu buite Bloemfontein, was die teiken. Twee verdagtes tussen die ouderdom van 24 en 30 is nou agter tralies, terwyl ‘n 34-jarige verdagte, wat in ‘n jaagtog met die polisie gewond is, in ‘n plaaslike hospitaal onder polisiebewaking is.  Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê polisiebeamptes was Woensdagmiddag flink om inligting oor die roete wat die afleweringsvragmotor sou volg en waartydens die rooftog sou plaasvind, op te volg.  Volgens hom sou ‘n Volkswagen Polo gebruik word. Hy sê die polisie het die motor wat aan die beskrywing voldoen, by ‘n tersiêre instelling in dié township gewaar.

Polisiebeamptes het die insittendes genader. Hulle het weggejaag en is deur die polisie agternagesit. Xuma sê polisiebeamptes het die Polo tot stilstand probeer dwing met die gebruik van sirenes, blou ligte en handgebare. Die verdagtes het egter in die ry skote in die rigting van die polisie gevuur. Hulle het teruggeskiet waarna ‘n 34-jarige verdagte in die gesig gewond is. Die motor met die verdagtes in het uiteindelik tot stilstand gekom.

Xuma sê ‘n 9mm-vuurwapen met 13 rondes lewendige ammunisie en ‘n magasyn is in die booswigte se motor gevind. Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof in Thaba Nchu op aanklagte van strafbare manslag,   sameswering om ‘n gewapende rooftog uit te voer en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. – Christal-Lize Muller

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...