Plaaslike weldoener vereer

0
1416
Julie Steynberg, uitvoerende direkteur van Differencemakers SA, en Annemarie Cronjé van Bloemfontein, wat pas aangewys is as een van die land se top-100-verskilmakers.

Differencemakers SA is ‘n internasionale beweging vir mense wat ‘n verskil in ander se lewens maak. Dit is gebaseer op die beginsel van die film, Pay it Forward. Jy bewys ‘n goeie daad aan iemand en vra daardie persoon om dit weer aan iemand anders te doen.
‘n Groot eer het Annemarie Cronjé van Bloemfontein te beurt geval toe sy deur Differencemakers SA genomineer is as een van die Top-100-verskilmakers in die land.
Julie Steynberg, die uitvoerende direkteur van Differencemakers SA, het 2013 ‘n bewusmakingsprogram begin om die mense van Suid-Afrika meer bewus te maak van die Blue Ribbon Ceremony. Dit word reeds deur 34 miljoen mense in sowat 11 lande gebruik om ‘n verskil te maak. The Blue Ribbon Ceremony het in 1983 in San Diego, Amerika, begin en oor die jare wêreldwyd uitgebrei. Veertig miljoen mense het reeds wêreldwyd deelgeneem aan ‘n Blue Ribbon-seremonie. SA is nou ook deel van hierdie beweging.
Steynberg het onlangs ‘n werkswinkel vir 14 plaaslike dames kom aanbied. Elkeen van hierdie dames is gekies om ‘n verskil in mense se lewens in Bloemfontein te maak. Tydens die werkswinkel is Cronjé se Top-100-nominasie amptelik oorhandig en het sy weer erkenning aan die ander dames gegee deur ‘n blou Verskilmakerlint vir elkeen aan te steek om hulle so te vra om met die goeie gebaar voort te gaan.Dit is die eerste keer dat iemand van die Rosestad genomineer is en dat so ‘n werkswinkel hier aangebied is.