‘n Bejaarde boer is dood en sy vrou is ernstig beseer tydens ‘n rooftog op hul plaas, Fleur de Lys, buite Ficksburg gisteraand. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini sê drie mans het die plaashuis omstreeks sewe-uur gisteraand betree. Hy sê die 64-jarige Christopher Andrew Preece is doodgesteek terwyl sy 66-jarige vrou, Felicity, met ernstige beseerings in MediClinic Bloemfontein opgeneem is. Dhlamini sê hulle vermoed dat die verdagtes na Lesotho gevlug het, en sal moontlik binnekort die hulp van Interpol moet inroep. Preece is glo met skerp voorwerpe op hul plaas doodgekap. Dhlamini sê die verdagtes is fort met kontant en selfone.
Voglens MediClinic Bloemfontein se woordvoerder, Amanda Appelgryn, is Felicity tans in ‘n stabiele toestand. Sy is egter in die intensiewesorgeenheid weens ‘n skedelfraktuur wat sy tydens die aanval opgedoen het. Enige inligting kan na die speurtak van die Ficksburg-polisie ingebel word by 079-8977-144.