Pistorius se appèl slaag

0
Pistorius se appèl slaag

Pretoria – Oscar Pistorius se appèl teen sommige van sy borgtogvoorwaardes het geslaag. Regter Bert Bam het gesê hy vind geen rede waarom die paralimpiese atleet verbied moet word om Suid-Afrika te verlaat, sou hy uitgenooi word om aan ‘n atletiekbyeenkoms deel te neem nie.

Die Pretoriase hooggeregshof het vanoggend gehoor dat Pistorius se regsverteenwoordigers slegs die reisvoorwaardes in Februarie aanvaar het omdat dit al laat en ‘n Vrydag was.

Pistorius se regsverteenwoordiger, Barry Roux het gesê hulle het nie saamgestem oor die reisvoorwaardes nie, maar omdat dit laatmiddag was, het hulle ingestem. Roux het gesê Pistorius se borgtogvoorwaardes kom neer op huisarres en is ongemotiveerd.

Pistorius moes ingevolge sy borgtogvoorwaardes sy paspoort inhandig, nie om nuwe reisdokumente aansoek doen nie en ook nie in ‘n internasionale vertreksaal by ‘n lughawe of ander reispunt gesien word nie. Roux het gesê Pistorius het nie planne om te reis nie, maar gereguleerde reis moet toegelaat word.

EWN

No posts to display