Phahameng moordsaak tot 18 Februarie uitgestel

0
485

OWEN KOCK

Bloemfontein. – Die eerste hofverskyning van die vyf verdagtes wat aangekla word van die moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede op Sphiwe Mashiya, is ‘n derde keer tot 18 Februarie uitgestel.

Dit volg nadat die vyfde verdagte, Masihlahla Mabohte, laat vanaf die Kimberley Gevangenes by die Bloemfonteinse landroshof opgedaag het. Teboho Maikiso, Thembinkosi Njenje, Itumeleng Kwatala en Shadrack Mabothe, was wel in die beskuldigtebank, maar landros Phumeza Dyani wou nie die saak aanhoor sonder al die verdagtes nie.

Die vyf word daarvan skuldig dat hulle Mashiya op die 1ste Januarie vanjaar vyf keer geskiet het waar hy en sy vriendin in ‘n geparkeerde motor voor haar huis in Phahameng gesit het. Die vriendin is in die been gewond en is later uit die hospital ontslaan.