Pensioenarisse will gebou red

0
640
Bennie Buffel, David Beck en Aubrey Jacobs. Photo: Pierce van Heerden

Volgens gemeenskapslede doen gerugte die ronde dat die Henry Brooks-saal, eens die trots van Heidedal, binnekort gesloop gaan word. In reaksie hierop het ‘n groep pensioenarise van Heidedal die saak in eie hande geneem en wil hulle die saal red voordat dit te laat is.

Tydens ‘n onderhoud met Bloemfontein Courant, gemeenskapsaktivis, David Beck, gesê die belangrikste ding op die oomblik is dat gemeenskapslede saamstaan en help om die nalatenskap van ‘n man wat die Heidedal-gemeenskap gemaak het wat dit vandag is, te red. Volgens Beck, is die saal ‘n leë gebou met niks anders nie as vrot gordyne, geen water of elektrisiteit, stukkende toilette, verdwene lugreëlaars en geute.

“Daar is ‘n sekuriteitswag in die nag, ‘n vrouewerker in die nag, maar die saal word steeds gevandaliseer,” sê Beck.

Volgens hom moet daar ‘n gemeenskapsvergadering gehou word om die mense se ondersteuning vir die veldtog te kry. Dit word gehou op Donderdag 4 April 2019 by die Henry Brooks-saal. Mense word genooi om die vergadering wat om 17:00 begin, by te woon.

Munisipaliteitwoordvoerder, Qondile Khedama, het met die ter perse gaan van Bloemfontein Courant nog nie reageer oor die gerugte van die sloping van die saal nie. – Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za