Pencil in: Your entertainment diary for the week

0
363
Photo: Viral Thread

14 Januarie
Die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika kom om 18:30 in die ouditorium van die Anglo-Boereoorlogmuseum byeen vir die Algemene Jaarvergadering waartydens die nuwe bestuur ook gekies sal word. Besoekers is welkom en betaal R20 elk. Tee en koffie word bedien. Kontak John Webb by 051-436-8537 of 083-258-8986.
16 Januarie
Die Ou Presidensie Historiese Vereniging se Algemene Jaarvergadering vind om 17:45 vir 18:00 plaas by die Vrystaatse Argief, Badenhorststraat, Universitas. Kontak 051-422-5283 of 072-418-8665 vir meer inligting.
20 – 24 Januarie
Die Kouegom-eerstejaarskamp is vir studente wat in Bloemfontein kom studeer. Vir meer inligting of om aanlyn in te skryf, besoek kougom.studentekerk.org/af.
24 Januarie
Kom geniet stories en liedjies uit die pen van Richard van der Westhuizen en Jacobus Silwer teen R150 per persoon by die Be Human – Middelwater Farm. Die deli, met fantastiese wynopsies en varsgemaakte plaasprodukte, sal oop wees en aandete word bedien teen R60. Daar is ook ‘n diereplaas vir kinders.
25 Januarie
Manie Jackson tree om 19:30 by Innie Skuur op. Besprekings kan gedoen word deur ‘n e-pos te stuur na meerkatkolonie@vodamail.co.za.
26 January
Join for a comprehensive full day Childbirth Education Workshop at Estherea Women’s Wellness Clinic and be empowered and informed to make good choices about your child’s birth. Phone 083-728-7103 or email info@estherea.co.za to book your place.
26 – 27 January
TAC Target Championships 2019 – the first provincial Archery Target Championships for 2019 takes place at the Tempe Archery Club.
30 Januarie
Die eerstejaarsatletiekbyeenkoms vind van 17:00 af plaas by Pelliespark, op die Universiteit van die Vrystaat-kampus.
31 Januarie
Timac AGRO SA kom kuier met `n nuwe en opwindende produkbekendstelling in dierevoeding by die Universiteit van die Vrystaat. Verrigtinge begin om 10:00, met middagete om 12:00.
31 January
Chef of the Month Cook-Off starting at 18:00 at 59Plenty. The first 20 people on the list with registration paid will cook against one another. Send an email to info@cafeplenty.co.za and register. Amateur cooks only.
1 Februarie
Daniel Wesley bring vir jou The Best of Bryan Adams om 19:30 by Innie Skuur. Besprekings by meerkatkolonie@vodamail.co.za.
2 Februarie
Die musiekgroep, Touch of Class, tree om 20:00 by Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R130 per persoon.