Pencil In: Jou vermaaklikheidsdagboek vir die week

0
507
Demi Lee Moore FOTO: FACEBOOK

5 April
Andriëtte is terug by Innie Skuur. Kaartjies is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, of bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za.

5 April
Myan Subrayan, featuring Oranje Girls’ High Choir, and Acapella duo, Mario and Arno, at the Universitas Church, Strauss Street. R130 per ticket via Computicket (concessions available for seniors and children). Hosted by St. James Church.

5 April
Bambi preprimêr, Thompsonstraat 2, op die terrein van die NG Kerk Bloemheuwel in Westdene hou kermis van 13:00 – 18:00. Almal welkom. Eet- en drinkgoed te koop. Navrae: 051-447-1352 gedurende oggendwerksure.

5 April
Pellissier-kerk se jaarlikse ‘Padkafee’ vind plaas op vanaf 17:00 – 19:00. Verskeie burgers, lekkers en koeldrank is te koop. Bestelling vir die hamburgers moet asb. vooraf by die kerkkantoor bespreek word.

5 April
Vertoning van Frank Opperman – Donkie om 19:00 by die NG Gemeente in Pellissier. Kaartjies kos R100 per volwassene en R50 per kind onder 12 (onbespreekte sitplekke). Kaartjies sal ook by die deure te koop wees en móét getoon word vir toegang. Die kaartjies is beskikbaar by Crazy Daizy te Hyperama en Prellerplein of by die kerkkantoor te Vlakfonteinlaan 6 in Pellissier, of skakel Sandra by 051 422 4917.

6 April
Frank Opperman – Donkie om 18:00 by Summerwood Country Estate om 18:00. Kaartjies R100 per volwassene, R70 per kind onder 12 (onbespreekte sitplekke). Kaartjies sal by die deure te koop wees asook by Summerwood, Maison Charmante, Bayswater en Waldorf Flowers. (Slegs kontant). (Kaartjies moet getoon word vir toegang). Kontantkroeg beskikbaar vanaf 17:00. Skakel Dorothy 082-555-8980/Madelein 079-276-3277.

5 and 6 April
Organic Food and Wine Show at Urth Garden Centre. Gates open at 17:00 on the 5th and at 10:00 on day 2. Tickets are available on Quicket and at the gate.

6 April
Kom dans en geniet ‘n country-aand saam met Charles Rudd by Kwagga Lodge. Kroeg beskikbaar. Kaartjies R100 per persoon. Kontak Wilna by 076-683-9258.

8 April
Die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vergader in die ouditorium van die Anglo-Boereoorlogsmuseum om 18:30. Onderwerp: Die Stamvader van die Van der Merwes – Willem Schalkzoon van die Merwe en sy kinders. Mev. Jo Botha is die spreker. Besoekers is welkom en betaal R20 elk. Kontak John Webb by 051 436 8537 of 083 258 8986.