Pencil in: 21 April 2022

0
370

21 April

Die NG Gemeente Bloemfontein-Wes nooi alle persone bo 50 om saam te kom kuier terwyl daar ook gesels gaan word oor bank-, persoonlike en kuberveiligheid. Die geleentheid begin om 10:00 by NG Kerk Bloemfontein-Wes se Kerksaal in Victoriaweg 45, Willows. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Claudette by 051 444 2403 of Lood by 082 869 8798 saans na 18:00.

21 April

Radio Raps gaan weer die skare laat skater van die lag om 18:00 by Laerskool Bloemfontein. Kaartjies kos R250 elk. Vir meer inligting kontak 051 433 1913.

21 April

Girls Night Out – Sandra Bullock and Channing Tatum are unlikely heroes in a stunning new comedy-adventure. Bookings now open for The Lost City on the Nu Metro Loch Logan Waterfront big screen. Event starts at 18:00. Book your ticket at www.numet.ro/lostcity.

22 April

Francois van Coke tree by At The Office Bar, Curielaan op. Kaartjies beskikbaar teen R250 per persoon. Deure open om 17:00.

22 April

Brendan Peyper tree om 19:30 by The Buffalo op. Kaartjies kos R120 per persoon.

23 April

CANSA Forest Fun Run Walk vind by Inibos plaas. Toegangsfooi is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Vir meer inligting kontak Jeanne Rawlinson op 079 572 4842.

24 April

Gemeente Bloemfontein-Wes bied ‘n optrede met Piet Smit aan. Na afloop van die diens gaan daar potjiekos gehou word teen R60 per persoon. Besprekings vir die potjiekos kan gedoen word by Claudette op 051 444 2403.

24 April

Die Bosmark vind vanaf 09:0 ttot 13:00 by Inibos plaas. Toegang is R10 en kinders onder 7 kry gratis toegang. Vir meer inligting besoek www.inibos.co.za

27 April to 7 May

The Bloem Show returns! Visitors can look forward to commercial and agricultural activities, various music performances, including Sing Country featuring Juanita du Plessis, Franja du Plessis and Ruan Josh, Francois van Coke, Snotkop and Spoegwolf. There is also the popular FMX Flight Night motorbike stunt shows, Lollos performances for children, BMX and skateboarding demonstrations, a bodybuilding competition, a synthetic ice-skating rink, oval track racing and the first ever polo event at the Show.

27 April

Die NG Kerk Langenhovenpark hou sy Kermis. Dit begin reeds om 08:00. Daar gaan heerlike eetgoed te koop wees asook ‘n springkasteel en trekker met sleepwa vir ritte vir almal om te geniet. Groot verskeidenheid produkte en huisware sal ook te koop wees by die tweedehandse tafel en by die handwerktafel. Kontak gerus die kerkkantoor vir enige navrae by 051 446 2225.