Pencil in: 10 June 2021

0
280

11 Junie:

Die Fichardtpark- Primêre Skool se jaarlikse gholfdag word by Schoemanpark-gholfklub aangebied. Inskrywingsgeld is R250 per persoon (2 spelers per span). Putjies kos R1000 of R1500 per putjie. Die organiseerders vra die publiek om enige pryse, soos geskenkbewyse, sakke en hempies te skenk. Vir navrae kan mense met Herbert Miles (083 256 9680) of Anne Hoffman (082 567 4032) in verbinding tree.

14 Junie:

Die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap van SuidAfrika ontmoet om 18:30 via Zoom. Johan Pottas is die spreker. Belangstellendes kan hier by die Zoom-vergadering aansluit: https://zoom.us/j/99227069381?pwd=UWdWWHJ4WVJvdnF2 UUdmR2JzVUpxUT09 (ID: 992 2706 9381, kode: 170451). Vir meer inligting, kontak John Webb by 051-4368537 of 083-2588986.

16 Junie:

Die NG Gemeente Langenhovenpark hou kermis vanaf 09:30. Daar sal heerlike eetgoed te koop wees. ‘n Groot verskeidenheid produkte en huisware sal ook te koop wees by die tafel met tweedehandse goedere en by die handgemaakteprodukte-stalletjie. Die kermis sal Covid-19- regulasies handhaaf en organiseerders vra dat besoekers asseblief maskers sal dra en by die Covid-19-regulasies hou. Kontak gerus die kerkkantoor vir enige navrae by 051 446 2225.

20 Junie:

Summerwood Country Estate vier Vadersdag. Bederf jou pa met ‘n heerlike steak-ete by Summerwood teen R200 per volwassene. Om teleurstelling te voorkom, bespreek betyds by Dorothy (082 555 8980). Gaan kyk ook op Summerwood se Facebookblad “Summerwood Country Estate & Guesthouse (Bloemfontein)” vir meer inligting.