E Copy

Date:

Pellisier man wat op polisie losbrand môre in BFN hof

DUANE PETRUS

‘n 43-jarige man van Pelissier, Bloemfontein, verskyn môre in die stad se landdroshof op ‘n klag van poging tot moord, nadat hy na bewering ‘n polisiekonstabel by sy huis gewond het.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die polisie is gisteraand laat na die huis in Bakkiesdraaistraat ontbied na ‘n beweerde voorval van huishoudelike geweld.

‘n Inwoner het die polisie ontbied nada hy ‘n geweerskoot in die huis waarin die verdagte was, gehoor het.

Toe die polisie daar opdaag het die verdagte glo op die polisie losgebrand en die 32-jarige Mathe Sefuti drie keer in die bene getref.

Life Rosepark-hospitaalwoordvoerder, Esmarie Cronjé, sê Sefuti sterk goed aan. Die polisie sê sewe jaggewere, wat aan die verdagte behoort, is gekonfiskeer.

Marope sê die verdagte het ook ‘n hangende saak van huishoudelike geweld teen hom.

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...