Patricia Kopane stem in Pelllissier

0
746
Die DA-leier in die Vrystaat, Patricia Kopane, het gister haar stem uitgebring in Pellissier. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Die DA se Patricia Kopane het gisteroggend haar kruisies in Pellissier getrek. Kopane het aan Bloemfontein Courant gesê dat sy regtig hoop het vir die verkiesing en wat dit vir die Vrystaat asook die land sal bring.

Sy het verduidelik dat dit nou die DA se prioriteit is om aan mense werksgeleenthede te gee en om te verseker dat korrupsie aan die lig kom. “As mense werk het, kan hulle na hulself kyk. Dit is wat ons vir ons mense will hê.”

Die DA glo dat korrupsie in die land die rede is dat geleenthede van die mense in SA weggeneem is. Kopane het gesê dat sy seker is dat die DA hierdie jaar die aantal stemme vir die party gaan verdubbel. “As die mense in die land ons ‘n kans sal gee, sal ons beslis korrupsie beveg.”

Sy het ook gesê dat die DA in die Vrystaat gaan toesien dat munisipaliteite beter dienste aan al sy mense sal lewer, wat dan ook meer beleggings sal beteken. – Sazly Hartzenberg
sazly@cetralmediagroup.co.za