E Copy

Date:

Passop vir Eva – jy kan jou motor kwyt wees

Booswigte werp alles in die stryd om motoriste se aandag af te trek en dan te beroof.

Polisiewoordvoerder in Bloemfontein, Chaka Marope, sê dié tipe rooftogte het die afgelope maand in die stad toegeneem.

Hy waarsku inwoners met die oog op die naderende feestyd om op hul hoede te wees en nie slagoffers te word van booswigte se slinkse planne nie.

Marope sê booswigte peuter met elektriese motorhekke sodat dit onklaar raak. Wanneer mense by die huis aankom klim hulle uit hul motors om ondersoek in te stel.

Dit is dan dat hulle aangeval en beroof word. Marope sê eiers word ook gebruik om motors van die pad te dwing.

Booswigte gooi motors se windskerms met eiers, waarna ‘n bestuurder dan ‘n motor tot stilstand bring, om die vensterruit skoon te maak.

Marope sê mense moet onder geen osmtandighede stop nie. Ry eerder stadig verder na ‘n veiliger plek. Meld dit ook by die polisie aan.

Marope sê motoriste word saans ook van die pad gedwing wanneer ‘n kaal vrou in die rigting van ‘n straat hardloop of ‘n ent verder staan en om hulp skree.

Sodra die motor stop storm rowers daarop af en kaap dit. Hy sê motoriste moet weer eens nie stop nie en eerder na die naaste polisiekantoor ry.

In die mees onlangse soortgelyke voorval is ‘n man met ‘n vuurwapen gedreig en van sy motor gekaap by die Raymond Mhlaba-afrit na die N1 in Bloemfontein.

Christal-Lize Muller/Courant-nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...