E Copy

Date:

Passievolle kryger van Nag van die Kampioene

“Ek wou nog altyd baklei het. Nie omdat ek aggressief is nie, maar omdat ek hou van die tegniese kant van ‘n bakleisport.”
So sê Nico van der Merwe wat op 11 Mei een van die vegters is by die vyfde Nag van die Kampioene (NVDK) byeenkoms vir Gemengde Gevegskuns (GGK) in die Bloemfonteinse stadsaal.

“Ek het in gevegskuns begin belangstel toe ek nog jonk was en die Ultimate Fighting Championships (UFC) op TV gesien het. Ek het ook rugby gespeel op skool, maar dit was nooit werklik ’n passie nie.” Nico verduidelik dat hy nooit op die rugbyveld baklei het nie, maar altyd aan ’n gevegsport wou deelneem waar dit in ’n veilige, beheerde omgewing plaasvind.

Hierdie 22-jarige sportman wat 1.90 meter in sy sokkies staan en 115 kg weeg, hou van beheerde omgewings. Anders sou hy dalk nie ’n uitsmyter van beroep gewees het nie. Nico se amateur-wen-verloorrekord staan tans op 2-0 en albei hierdie oorwinnings het hy in die vorige NVDK-byeenkomste behaal.  “Ek voel weer reg vir die volgende een, maar ek bly nederig en wil nooit my opponent onderskat nie. Wat jy in jou voorbereiding insit, sal wys op die aand. So laat die beste man wen.

“Ek dink mense moet kom kyk na NVDK juis om te sien hoe ’n tegniese sport soos GGK is en om te verstaan waaroor dit gaan.”
Nico is lid van die StreetFitFighting-klub waar skopboks sy basiese styl van baklei ondervat het. Hy gee egter ook baie aandag daaraan om sy grondwerk en grepe op standaard te hou deur Brasiliaanse joejitsoe te beoefen. “ ’n Mens kan nie net op een ding fokus nie, anders sou dit mos nie gemengde gevegskuns genoem kon word nie,” sê Nico met ‘n breë glimlag.

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...