Padongelukfonds hou inligtingsessie

0
960

Die Trevor Barlow-biblioteek in Heidedal bied op 9 November ‘n inligtingsessie aan om inwoners in te lig oor hoe om ‘n eis by die Padongelukfonds in te dien.
Mense wat ernstige beserings in ‘n motorongeluk opgedoen het, asook die familie van mense wat in ongelukke gesterf het, sal baat vind by die inligtingsessie.
Verteenwoordigers van die betrokke owerhede sal die vergadering toespreek oor die prosedure wat gevolg moet word om ‘n eis in te stel.
Die sessie begin om 10:00 op 9 November by die biblioteek. Almal is welkom om dit by te woon.