E Copy

Date:

Oudredakteur stel misdaadroman by NALN bekend

“Ek het besluit om, weens my ondervinding as joernalis en om bietjie te kroek, my hoofkarakter ’n joernalis te maak.”

Hannes Visser, oudredakteur van die Oudtshoorn Courant, vertel hy wou ’n misdaadroman skryf waarin die polisieman nié die held is nie. Op 15 Februarie gesels die skrywer Igno van Niekerk met Visser oor sy jongste roman, Voorblad, wat einde verlede jaar verskyn het. Die gesprek vind plaas in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.

Bloemfontein lê diep in Visser se hart, want “eintlik het my skryfwerk, my gedigte, kortverhale en ook my misdaadroman hul oorpsrong in Bloemfontein gevind.”

In 2013 kraai sy kortverhaal, “Die man met die cowboyhoed”, koning in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se skryfkompetisie. Ná aanleiding van Leon van Nierop, skrywer en rolprentresensent, se opmerking dat dié verhaal as goeie tema vir ’n misdaadroman sou kon dien, is Voorblad gebore.

Voorblad handel oor ’n reeks moorde waarin die joernalis Alex Rheeder telkens eerste op die toneel verskyn. Hy poog nie slegs om die moordenaar te ontmasker nie, maar moet ook die agterdog van die ondersoekbeampte, kapt. Harold Beukes, jeens hom besweer. So trotseer hy boonop twee aanslae op sy lewe.

Vir Visser, deesdae woordvoerder van die burgemeesterskantoor van Oudtshoorn se munisipaliteit, is Voorblad sy vierde pennevrug. In 2009 gee hy saam met elf ander digters die bundel Boksemdais 2 uit. Sy debuutdigbundel, Die jaar toe pa (2019), se heruitgawe, met agt bykomende gedigte, verskyn in 2022. In dieselfde jaar publiseer hy sy lewensafrigtingshandleiding, Ligloop as skoene te maklik pas.

Hannes Visser skryf sedert 2006 ook gedigte, rubrieke en kortverhale. Foto: Facebook

Gevra of aanhangers ’n opvolgroman kan verwag, maak Visser die goeie nuus bekend dat hy reeds aan die werk is en dat lesers se paaie eersdaags dalk wéér met dié van Rheeder en Beukes kan kruis.

OFM Nuus/Elsabe de Jager

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...