Oudisies vir BCC is nou oop

0
689
FOTO: Verskaf

Dit is met groot plesier dat die Bloemfontein Children’s Choir (BCC) hul Oktober-oudisies vir die 2023-koor aankondig.“Ons is op soek na kinders tussen die ouderdomme van nege en vyftien jaar oud om by ons spesiale koor aan te sluit.

Die datum van die oudisies is 29 Oktober.

Die koor is 35 jaar gelede gestig om ‘n blink baken van kwaliteit kinderkoormusiek te wees en was deur die jare die tuiste van baie kinders,” sê BCC se Werner Stander.

Die koor het plaaslik sowel as op internasionale verhoë opgetree. In 2020 is Stander deur die ouerkomitee van die voormalige Bloemfonteinse Kinderkoor aangewys om die leisels by die koor se stigter, Huibrie Verster, oor te neem as Direkteur van Musiek, en ‘n opwindende pad na die toekoms is aangepak.

“Die uitdagings wat die pandemie in 2020 en 2021 gebied het, is met kreatiwiteit en toewyding tegemoet gegaan, en vyf kwaliteit videos is tot op hede vervaardig. Die nuwe formele uniforms van die koor is onthul, en ‘n aansienlike hoeveelheid tyd is bestee aan die bou van die nuwe koor as ‘n samehangende, sosiale eenheid wat leerders van verskeie skole in Bloemfontein verteenwoordig,” sê Stander.

Hy voeg by dat die hoogtepunte van 2022 sluit ‘n Europese toer na België, Frankryk en Duitsland in met ‘n spesiale optrede by Euro Disney, plaaslike optredes en ‘n opwindende program om 35 jaar van uitnemendheid te vier.

Belangstellende leerders kan Werner Stander by 084-512-4241 of Maryna de Wit by 082-874-4284 kontak.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za