Oud-Springbok haker se pa sterf ná aanval op kleinhoewe

0
2199
Lukas van Biljon by sy oudste seun. FOTO: Facebook

Oud-Springbok haker Lukas van Biljon se pa, André van Biljon, is oorlede nadat hy drie keer in die bors geskiet is nadat hulle aangeval is by sy kleinhoewe net buite Oranjeville in die Vrystaat.

Johnny Burger, ‘n jare lange vriend van die Van Biljons, het die nuus bevestig, berig OFM-Nuus.

Oud-Springbok haker Lukas van Biljon se pa André is oorlede ná ‘n aanval op sy kleinhoewe.

André was kritiek in die hospitaal vir ‘n paar dae waar hy vir sy lewe geveg het.

OFM Nuus het vroeër berig dat twee van die rowers aangekeer is en van huisroof en poging tot moord aangekla sal word. Die polisie is net ná middernag op 27 Mei 2023 na die Van Biljon-gesin se kleinhoewe by Oranjeville ontbied. Daar word vermoed dat ses gewapende mans in die voorval betrokke was.

André het probeer om die ander boere per radio te kontak toe hy van die rowers bewus geword het.

Lukas is uit die hopsitaal ontslaan nadat hy meer as 60 steekwonde in die voorval opgedoen het.

OFM Nuus/Heidrè Malgas