Die voormalige Protea-paaltjiewagter/kolwer van die Chevrolet Knights, Morné van Wyk, het die Dolfyne tot ’n sege oor die Kaapse Kobras op Nuweland aangevoer om as die Suid-Afrikaanse Ram Slam-uitdaagkampioen in die nasionale T20-krieketreeks gekroon te word.
Die Dolfyne het eerste gekolf en danksy Van Wyk en Cody Chetty se goeie klofwerk het die span van KwaZulu-Natal 146/8 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken.
Selfs uitstekende boulwerk deur die gesoute Jacques Kallis (4/26) kon die Dolfyne nie genoeg intoom hou nie.
In antwoord hierop kon die tuisspan net 144/7 aanteken en wen die Dolfyne met ’n skrale twee lopies.
Selfs die onoorwonne vyftigtal deur Sybrand Engelbrecht en die breë kolf van Justin kemp 17* kon die Cobras nie by die wenteiken uitbring nie.