Ou-skoolse Rockfees die naweek in Bloem

0
2606
Jack Hammer met die legendariese Piet Botha is net een van die bekende groepe wat by die fees sal optree.

Die Wolwefees vind plaas by Marieko Landgoed net buite Bloemfontein op Vrydag, 3 Maart 2017. Volgens die organiseerders is die Wolwefees ‘n inisiatief van Op-die-gras en ‘n verering van “old school rock”.  As jy hou van Guns N’ Roses, Pearl Jam en U2 is hierdie jou tipe rock-fees.  

 

Die groepe Black Cat Bones, Jack Hammer met die legendariese Piet Botha, Jake Gunn, Southern Wild en Wolfgang Marrow speel onder meer by die fees. Black Cat Bones het in 2013 die MK toekenning gewen as die groep in Suid-Afrika met die beste vertonings (“best live act”). Die hoofsanger van Southern Wild is die passievolle David van Vuuren wat ‘n paar jaar terug Idols gewen het. 

 

Kaartjies vir die fees is beskikbaar by Jack n Jill asook Bella Casa.  Daar is minder as 500 kaartjies beskikbaar, aangesien die organiseerders die fees eksklusief wil hou.   Kaartjies kos R200, maar is daar tans ‘n “early bird special” van R150 beskikbaar. Drank en kos sal te koop aangebied word. Feesgangers word aangeraai om hul eie stoele en komberse saam te bring vir hierdie buitelug ekstravaganza.