Orrelduette by Odeion aangebied

0
240
Ollerspelers Gerhard de Bruin en Jan Beukes

Orrelduette word deesdae min gehoor of aangebied. Die Odeion School of Music (OMS) wil gehore blootstel aan die mees bekende orrelduette met sy Orrelduetkonsert op18 Julie 2019 om 19:30 waartydens orrelspelers Jan Beukes en Gerhard de Bruin te siene gaan wees.

Die Orrelduetkonsert gaan nie slegs duette bevat nie. Jan en Gerhard gaan elkeen ook een solo-item voordra.

Jan het sy BMus-, BMusHons-, MMus- en PhD-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy gee klas in orrel en orrelmetodiek by die OSM sedert 2009. Hy tree gereeld op in departementele konserte sowel as nasionaal en internasionaal – veral as kamermusikant.

Sy studente het verskeie toekennings en kompetisies gewen. Hy is tans artistieke en bedryfshoof van die OSM.

Gerhard is ‘n gegradueerde van die Universiteit van die Vrystaat. Sy orrelloopbaan het begin onder leierskap van me. Leonore Kloppers onder wie se dosentskap hy ‘n BMusHons in orrelvoordrag verwerf het. Daaropvolgende musiekdosente sluit in dr. Mario Nell sowel as dr. Jan Beukes, onder wie se leierskap hy sy meestersgraad in musiekvoordragstudie (orrel) voltooi het.

Kaartjies os beskikbaar by Computicket of aanlyn by http://online.computicket.com/web/ teen R130 (volwassenes), R70 (pensioenarisse en UV-personeel) en R50 (studente, leerders en blokbesprekings van 10+). Let asb. daarop dat kaartjies vir pensioenarisse, studente, leerders en UV-personeel slegs by ‘n Computicket-punt (Shoprite Checkers) of by die deure te koop is aangesien ‘n geldige kaart of ID getoon moet word om te kwalifiseer vir bogenoemde afslag. Vir navrae, skakel Ninette Pretorius by 051-401-2504.

info@bloemfonteincourant.co.za.