Orkes tree op om behoeftiges te help

0
1369
Die vertoning vind op 4 Februarie om 19:00 plaas by The Buffalo. FOTO: Verskaf

Die Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie, Guardian and Angel, gaan saam met die Kannie Warrie Boereorkes ’n vertoning by The Buffalo aanbied om fondse vir die organisasie in te samel sodat hulle kan voortgaan om behoeftiges te help. Die uitvoerende hoof en stigter van die organisasie, Hester Bekker, sê sy hoop mense sal hulle ondersteun sodat hulle die nood daar buite kan verlig by mense wat swaarkry.

“Dit gaan ’n heerlike aand wees met een van die beste orkeste en almal kan lekker dans en ontspan,” sê Bekker.

Die vertoning vind op 4 Februarie om 19:00 plaas by The Buffalo. Kaartjies sonder ’n ete is R90 per persoon en met ’n ete R150 per persoon. Kontak Hester (072-423-6277) of Thea (072-551-8271) vir meer inligting.

“Ons vra die publiek om ons organisasie asseblief te ondersteun op die 4de Februarie en ons te help om die nood daar buite te verlig. Ons waardeer elke persoon se ondersteuning. As jy gee, moenie onthou nie. As jy ontvang, moenie vergeet nie,” sê Bekker.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za