Oranje wil sake regstel

0
229
Die Hoër Meisieskool Oranje tydens hulle kragmeting teen Hoërskool Menlopark in 2018. FOTO: MORGAN PIEK

Die viermalige wenner en gasheer, die Hoër Meisieskool Oranje, sal vandeesweek sake wil regstel wanneer hulle in die FNB Private Wealth Super12-hokkietoernooi van die land se beste hokkieskole die stryd gaan aansê.

Verlede jaar het die Hoërskool Menlopark vir ‘n opskudding gesorg toe hulle die gesogte toernooi in Bloemfontein gewen het.

Vanjaar se toernooi sal weer eens met die land se top-10-skole op die amptelike ranglys spog. Die Hoër Meisieskool Bloemhof (Stellenbosch) en St Cyprian’s (Kaapstad) is onderskeidelik 13de en 14de op die ranglys.

Oranje het die toernooi tussen 2014 en 2017 gewen, wat Menlopark die enigste ander span maak wat die toernooi kon wen.

Die toernooi begin Donderoggend om 7:30 en die eindstryd sal Saterdagmiddag om 16:10 beslis word.

Bepalings:
Donderdag – 07:30 Oranje vs. St Cyprians; 08:20 St Annes vs. Collegiate; 9:10 St Mary’s Waverley vs. Rhenish; 10:00 Herschel vs. Voortrekker; 10:50 St Mary’s Kloof vs. Bloemhof; 11:40 Paarl Gimnasium vs. Menlopark; 12:30 Collegiate vs. Oranje; 13:20 Rhenish vs. St Cyprians; 14:10 St Annes vs. St Mary’s Waverley; 15:00 Bloemhof vs. Herschel; 15:50 Menlopark vs. Voortrekker; 16:40 St Mary’s Kloof vs. Paarl Gimnasium; 17:30 Oranje vs. Rhenish; 19:10 St Cyprians vs. St Annes; 20:00 Herschel vs. Menlopark.

Vrydag – 07:30 Paarl Gimnasium vs. Bloemhof; 8:20 St Mary’s Kloof vs. Voortrekker; 09:10 St Mary’s Waverley vs. Oranje; 10:00 St Annes vs. Rhenish; 10:50 St Cyprians vs. Colligiate, 11:40 Paarl Gimnasium vs. Herschel; 12:30 Menlopark vs. St Mary’s Kloof; 13:20 Bloemhof vs. Voortrekker, 14:10 Oranje vs. St Annes; 15:00 St Cyprians vs. St Mary’s Waverley; 15:50 Rhenish vs. Collegiate; 16:40 Voortrekker vs. Paarl Gimnasium; 17:30 Bloemhof vs. Menlopark; 18:20 Herschel vs. St Mary’s Kloof; 19:10 A5 vs. B6 (Wedstryd A); 20:10 B5 vs. A6 (Wedstryd B).

Saterdag – 07:30 A3 vs. B4 (Wedstryd C); 08:30 B3 vs. A4 (Wedstryd D); 09:30 A1 vs. B2 (Wedstryd E); 10:40 B1 vs. A2 (Wedstryd F); 11:50 Posisies 11/12 (Verloorders A + B); 12:40 Posisies 9/10 (Wenner A + B); 13:30 Posisies 7/8 (Verloorders C + D); 14:20 Posisies 5/6 (Wenners C + D); 15:10 Posisies 3/4 (Verloorders E + F), 16:10 Posisies 1/2 (Wenners E + F). – MORGAN PIEK