Oranje verdedig titel by hokkiefees

0
849

MARK STEENBOK

Meisieskool Oranje het Bloemfontein se vlag hoog laat wapper toe hulle Sondag vir die tweede agtereenvolgende jaar en vir die derde keer in die geskiedenis met die louere weggestap het by die 16de jaarlikse St Mary-hokkiefees.

Een van die beste hokkiefeeste in die land het van 9-12 April plaasgevind en van die tophokkieskole in die land byeengebring. Ongeveer 32 spanne het deelgeneem aan die fees.

Die span van Oranje het nie teleurgestel nie. Hulle het Sondag in die eindstryd teen St Stithians-kollege in Johannesburg gespeel en sterk karakter getoon deur in ekstra tyd met 2-1 te wen. Die wendoel is in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken.
Die spanne het wipplank gery met die die span van Johannesburg wat eerste ‘n doel aangeteken het. Eskom het ‘n ‘draai gemaak’ op die astrobane van St Maryskool met ‘n kort kragonderbreking. Dis toe dat Oranje in die doodsnikke van die wedstryd ‘n doel aangeteken het om die 2015-eindstryd tot ekstra tyd te dwing. Vyf minute ekstra tyd is toegestaan en Meisieskool Oranje het uiteindelik die wendoel aangeteken.

Ironies genoeg het Oranje vroeër in die groepfase teen die einste St Stitians met 1-0 vasgeval. Karakter, vaardigheid en uithouvermoë was egter deurslaggewend en die span het as oorwinnaars geseëvier. Hulle afrigter, Morné Odendaal, het na die wedstryd gesê, "Vandag het ons gewys wat gedoen kan word as ons 1-0 agter is."

Kaptein Jana Greef het gesê het dis ‘n goeie gevoel en die ondersteuning van die afrigters en bestuur was deurslaggewend in hulle oorwining. Sy het veder met lof gepraat oor die goeie spangees en genoem dat hulle hul harte uitgespeel het.
Eunice Hoërskool was ook in aksie by die hokkiefees. Die hokkiemeisies van dié skool het nie teleurgestel nie. Hulle het derde geëinding by die fees nadat hulle in die derde/vierdeplek-uitspeelwedstryd gelykop gespeel het teen Waterkloof en die kragonderbreking veroorsaak het dat daar nie nie ekstra tyd toegestaan kon word nie.

Die feit dat Eunice eerste geëiding het in hul groep en meer punte bymekaargemaak het oor die duur van die groepfase, beteken dat hulle derde beste na St Stihians en Meisieskool Oranje was.

Bykomede inligting: smshockeyfestival.com

mark@centralmediagroup.co.za