OWEN KOCK
Die Oranje Rivier Wynkelder in Upington het goeie rede om breë bors in die w?reld te loop!
Die wynkelder in die Noord-Kaap het onlangs internasionale erkenning vir sy wyne gekry. Die Orange River Cellars Straw Wine 2010 het 91 punte behaal in die Amerikaanse publikasie genaamd International Wine Review. Dié wyn, wat ook in Suid-Afrika geprys word, is deur International Wine Review gekies as een van 21 plaaslike wyne wat as ‘n gunsteling onder soetwyne sy plek moet inneem.
Die International Wine Review is ‘n leier in die verskaffing van inligting en aanbevelings oor internasionale wyne.
Koos Visser, die bemarkingsbestuurder van Oranje Rivier Wynkelder, sê dis voorwaar ‘n pluimpie vir die kelder en hulle is ontsettend trots op hul wynmakers.
“Straw Wine was maar ons eerste probeerslag en ek moet sê, ek dink ons klomp jong wynmakers is besig om amok te maak. Hulle is met allerhande nuwe produkte en idees besig en dit is maar net die begin,” s? ‘n trotse Visser aan AgriEco.
“As mens verder kyk in die International Wine Review, het ons Lyra 2009, ‘n rooi versnitsel van Merlot, Petit Verdot en Cabernet Sauvignon, 88 punte gekry. Vir ‘n rooiwyn uit die Noord-Kaap is dit ongelooflik.”
“Ons is baie opgewonde oor dit wat oor die laaste twee jaar bereik is. Die mees onlangse eerbewys van die International Wine Review was maar een van die aanprysings. Ons het ook vanjaar ‘n brons gekry het vir ons Pinotage, goud vir die Muskadel en silwer vir Chenin Blanc wat hout-verouderd is.
“Daarby het ons ongelooflik goed gedoen met die Value Wine Awards. Ons het vir ‘n eerste keer wyn by die Nederburg Wynveiling gehad,” s? Visser. Wat binnelandse verspreiding betref, beleef die wynkelder goeie groei. Marknavorsing van twee jaar gelede het inligting oor hul verpakking en bemarkingstrategie navore gebring wat hul aksieplan beïnvloed het. Hulle bemark tans in Amerika, Nederland en die Verenigde Koningkryk. Hulle voer ook uit na Afrikalande, Denemarke en China.