Oranje-leerlinge blink uit op ekspo

0
683

Leerlinge van die Laerskool Oranje in Bloemfontein het op die die jaarlikse Eskom-ekspo puik presteer en met altesaam 22 medaljes huis toe gegaan. Die Oranje-meisies het sewe goue medaljes, vyf silwer en tien brons verower. Oranje verower ook die beker vir die skool wat die meeste goue medaljes ontvang het. Dedré van Zijl, graad 7-leerling van Oranje, ontvang ook ’n beker vir die beste laerskoolprojek.