E Copy

Date:

Opwindende Varsity Netbal-aksie lê voor in Bloemfontein

Die gewilde Varsity Netbalreeks maak Sondag en Maandag ‘n draai in die Rosestad met die belangrike sesde en sewende rondes.

Die toernooi is nou by die punt waar die spanne sake sal uitspook vir die uitkloprondes en hoe sake nou staan, is interessant.

Op dié stadium kan ‘n handvol spanne steeds hul plek in die halfeindronde bespreek. Alle oë sal Sondag op die eerste kragmeting in die Callie Human-saal by die Universiteit van die Vrystaat wees. Die tuisspan vir die volgende twee rondes, Kovsies, is nog goed op koers om deur te dring na die uitkloprondes, maar hulle sal teen die verdedigende kampioene, die Universiteit van Pretoria Tuks, aan die beurt wees, wat onder baie druk verkeer .

Tuks het Maandag op tuisbodem in die Rembrandt-saal in die Jakarandastad met 55-48 teen die Universiteit van Stellenbosch Maties vasgeval vir hul tweede nederlaag van die reeks. Kovsies lê tans tweede ná hul 79-26 sege teen die Madibaz van Gqeberha. ‘n Oorwinning sal goed genoeg wees vir die span van Bloemfontein om die halfeindronde te haal. Dié groot wedstryd sal Sondag om 13:00 begin.

Om 15:00 is die Maties in aksie teen die Madibaz, terwyl die Tshwane Universiteit van Tegnologie om 17:00 aan die beurt sal wees teen die onoorwonne pasaangeërs, die Universiteit van Johannesburg. Om 19:00 speel Wits teen die Noordwes-Universiteit.

Maandag om 13:00 is NWU in aksie teen Maties, terwyl Tuks om 15:00 teen UJ speel, in sonder twyfel ‘n kragmeting wat ‘n groot invloed op die punteleer kan hê. Om 17:00 spook die Madibaz en Wits sake uit en om 19:00 speel Kovsies teen TUT in die heel laaste rondomtaliewedstryd voor die uitkloprondes. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...