Optiese vesel kom vir Bloemfontein

0
887

Mangaung-inwoners kan daarna uitsien om binnekort toegang tot hoëspoed-internet te hê.
 

Dit kom nadat die metro se uitvoerende burgemeester, Thabo Manyoni vanoggend aangekondig het dat daar reeds teen volgende maand begin sal word met die aanlê van optiesevesel-kabels.

Die metro is deur ‘n private belegger genader wat die stad se rioolstelselnetwerk sal huur om as kanaal te gebruik vir die kabels.

Stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko sê behalwe vir die inkomste wat uit die verhuring van die stelsel gegenereer sal word, sal alle staatsgeboue gratis toegang tot die stelsel kry. – Maricelle Botha