Opsigter van duurste park nooit betaal

0
Opsigter van duurste park nooit betaal

Duane Petrus – Die Mangaung Metro-munisipaliteit het na ses maande steeds nie die opsigter van die duurste speelpark in Heidedal in Bloemfontein betaal nie.
By die loodsing van die Kido Choene Park, wat meer as R1 miljoen gekos het, het die burgemeester, Thabo Manyoni, gesê die opsigter sal ‘n salaris vir haar dienste ontvang.
Hester Radebe sê egter sy hou sedert September verlede jaar elke dag toesig oor die park, maar is nooit hiervoor betaal nie.
Die werklose ma sê dié situasie veroorsaak wrywing tussen haar en haar man en sy sukkel ook om vir haar seun ‘n skooluniform te koop. Munisipale woordvoerder, Rasie Erasmus, sê hulle het aan Radebe verduidelik dat sy betaal sal word, maar kon nie sê hoekom dit so lank vat nie.
"Dit maak my hart baie seer van hulle maak gereeld beloftes aan my, maar kom dit nooit na nie. Ek meen, wie sal elke dag werk sonder om betaal te word?" vra sy.

No posts to display