Op die tafel binne 15 tot 35 minute

0
1823

Almal moet ’n betroubare resep hê vir daardie dae wanneer die tyd om te kook jou inhaal. Soms is jou dag propvol en is daar bloot net nie tyd vir voor die stoof staan nie. Vandeesweek deel sjef Suné Niemand ’n paar maklike resepte wat jy in ’n japtrap kan voorsit.

Gemarineerde groenteslaai
4-6 porsies

Bestanddele
   
1kg vars groente blomkool, broccoli,
  soetrissies, murgpampoen- tjies, rooikool
  gemarineerde sampioene en dwergmielies
50ml olyfolie
  Geurmiddel vir geroosterde groente of gegeurde seesout
100g fetakaas

Metode

  1. Sny die groente in ewe groot stukke en plaas in mikrogolfbestande bak. Meng die olyfolie by en besprinkel na smaak met geurmiddel. Mikrogolf by 100% krag tot net gaar, maar nog effe bros – ongeveer 7 minute of na gelang van die soort groente. Roer elke nou en dan.
  2. Laat afkoel tot kamer-temperatuur of effe lou. Krummel die fetakaas oor. Sit voor met ’n slaaisous van jou keuse. Gebruik gemarineerde sampioene as bestanddeel en slaaisous van hierdie slaai.


Gemarineerde sampioene

Bestanddele
   
1pak     knopiesampioene
100ml tamatiesous
100ml asyn
100ml olyfolie of sonneblomolie (ekstra om sampioene te sweet)
30g suiker
30ml Worcestershire-sous
3 druppels tabascosous
  Sout en swartpeper

Metode

  1. Sweet van die sampioene in ’n bietjie olyf- of sonneblomolie tot net sag en effens bruin.
  2. Meng al die vloeistofsouse saam en gooi oor die sampioene terwyl nog warm uit die pan. Marineer die sampioene vir ten minste ’n halfuur. (Dit kan tot 2 weke in die yskas gehou word).
  3. Gebruik die oorskietsous van die sampioene as ’n slaaisous oor die slaai.