Op die tafel binne 15 tot 35 minute – 2

0
588

Koringslaai
(gebruik as basis vir gemarineerde groenteslaai) 6 porsies

Bestanddele
   
100g amandelvlokkies (1 pak)
60g botter
2 uie, fyngesny
2ml fyn kaneel
1ml fyn komyn
250g koring
500ml hoenderaftreksel
100g rosyntjies
   
Slaaisous
   
75ml sonneblomolie
  Sap en skil van 1 lemoen
1-2 knoffelhuisies
15ml-30ml heuning
15ml heelkorrel- of Dijon- mosterd
  Vars koljanderblare

Metode

  1. Roerbraai die amandel-vlokkies in ’n droë pan tot goudbruin. Skep uit. Smelt die botter en roerbraai die uie saam met die speserye tot sag.
  2. Kook die koring in die hoenderaftreksel tot sag, voeg die rosyntjies sowat 5 minute voor die einde van die kooktyd by en laat kook tot dit plomp en uitgedy is.
  3. Dreineer en meng die koring met die amandels en uiemengsel.
  4. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die warm slaai. Laat afkoel en bêre in die yskas tot benodig. Rond af met vars kruie

Suurlemoen-gemmerbier

  1. Lewer sowat 2 liter
  2. Meng 80g gerasperde vars gemmer, die skil van 2 suurlemoene, sap van 1 suurlemoen en 80ml heuning of bruinsuiker saam.
  3. Voeg 100ml sterk rooibostee by en laat afkoel.
  4. Syg deur ’n moeseliendoek of giet deur ’n fyn sif in ’n groot glasbeker.
  5. Voeg 2 liter limonade of gemmerlim net voor opdiening by. Voeg baie ys by en sit yskoud voor.