Oos-Vrystaat veldbrand onder beheer

0
101
‘n Veldbrand wat Woensdag (2 Oktober) reeds by Platberg by Harrismith in die Vrystaat uitgebreek het, is nou suksesvol geblus.

Dit is volgens Johann Breytenbach van die organisasie Working on Fire, wat aan OFM-nuus gesê het dat niemand in die vier-dae lange brand beseer is nie. Breytenbach sê dat hulle, in samewerking met Ramp Bestuur en die plaaslike Diere Beskermings Vereniging, ‘n redelike groot operasie geloods het om die vlamme onder beheer te kry.

Breytenbach sê verder die brand gevaar is baie hoog in hierdie stadium en volgens hom het hulle minstens twee brande wat bo die gemiddeld was, kon blus. He sê dat die span gister nog ‘n brand in Fouriesburg bestry het.

OFM-nuus/Elsabé Richard