Oorsaak van brand by Bfn-gastehuis nog onbekend

0
335

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die oorsaak van ‘n brand wat gisteraand in ‘n spa by ‘n gastehuis naby Langenhovenpark in Bloemfontein uitgebreek het, sal na verwagting vandag ondersoek word. Afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê hulle is gisteraand omstreeks 20:00 na die Horizon Stables en Gastehuis by die Sterling-kleinhoewes ontbied. Vlamme het gewoed in losstaande houthuisies naby die gastehuis. Van Zyl sê die brand het vermoedelik in een van die houthuisies wat as ‘n spa ingerig is uitgebreek en na ander houtgeboue versprei.

Sowat 23 liter water is gebruik om die vlamme te blus.

Van Zyl sê die brand is omstreeks 23:00 gisteraand onder beheer gebring. Niemand is in die voorval beseer nie.