E Copy

Date:

Oorsaak na busongeluk by Golden Gate word ondersoek

 

Die Padverkeerbestuurskorporasie, in samewerking met die polisie in die Vrystaat, se ondersoek na Vrydag se busongeluk waarin 11 weermaglede dood is, duur voort. Die korporasie se Simon Zwane, sĂȘ forensiese ondersoekspanne het die ongelukstoneel in die Golden Gate Hoogland Nasionale Park die naweek besoek om meer inligting oor die omstandighede en die omgewing waarin dit plaasgevind het te verkry. Zwane sĂȘ die bus met meer as 40 insittendes het by ‘n skerp draai die pad verlaat en omgeslaan.

Lede van die ondersoekspanne het na die toestand van die pad gekyk,  en onder meer die weerstoestande in ag geneem.

Hy sĂȘ die wrak, wat na ‘n perseel op Ladybrand geneem is, sal vandeesweek nagegaan word. Die insittendes wat die ongeluk oorleef het, moet ook ondervra word voordat ‘n finale verslag vrygestel kan word. Zwane sĂȘ dit kan selfs langer as twee weke neem.

Die weermag het intussen nog geen begrafnisreĂ«lings bevestig nie. – Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...