Childline Free State gaan saam met Koekela Huiskafee hul eerste ooievaarstee ooit aanbied ten bate van hul ouers, pleegouers en ook die kinders in hul babahuise.
Volgens Childline FS se administratiewe bestuurder, Ansie Kinnear, het Gabrielle du Plooy van Koekela Huiskafee die behoefte besef en aangebied om die geleentheid by Koekela Huiskafee aan te bied.
“Gabrielle het die geleentheid geïnisieer en Yolanda Maartens en KolleGin het dadelik ja gesê,” sê Kinnear.
Sy voeg by dat hulle doel met fondsinsamelingsgeleenthede nie net is om fondse in te samel nie, maar ook om ’n geleentheid te skep wat die publiek sal geniet. “Dit beloof om groot pret te wees, alles terwyl dit moeders en babas ondersteun. Ons besef dat so baie mense wil gee, maar soms oorweldig of raadop voel oor wat nodig is. Hierdie geleentheid gee hulle die kans om presies te gee wat op die oomblik nodig is.”
Die ooievaarstee vind Saterdag 14 Oktober vanaf 11:00 by Koekela Huiskafee plaas.
Kaartjies word vooraf by Koekela verkoop en kos R150 – dit sluit ’n ligte ete in. Kontak 073-141- 1730 om jou kaartjies te kry.
Jy word aangemoedig om geskenke uit die lys hieronder saam te bring:
Medisyne:
- Borstol
- Calpol
- Allergex-stroop
- Zinplex Immune booster (sink,vitamien C & D3)
- Tandkry jel/poeier
- Vicks Babyrub vir babas
- Prospan
- Scott se emulsie
- Savlon
Daaglikse benodigdhede:
- Blou Seël Vaseline
- Epimax-room
- Bennett se boemelaarroom
- Waslappe
- “Baby Wipes”
- Oorkrabbers
- Weggooidoeke
Ander benodigdhede:
- Tandepasta
- Tandeborsel
- Bottels
- Bottelborsels
- Sunlight (groen seepstafie)
- Matrasbeskermers
- Komberse
Klere 0-10 jaar (meisies en seuns):
- “Babygrows”
- Baadjies
- Sokkies
- “Tights”
- lakens
- Sweetpakke
- Skoene
- Langmou t-hemde
- T-hemde & broeke
- Beanies
- Hoede
Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za