Ooievaar bedrywig in Vrystaat

0
616

SABRINA DEAN – Die Vrystaatse gesondheidsdepartement het bevestig dat daar sedert middernag reeds 22 nuwe aankomelinge in die provinsie se staatshospitale is.

Die babas is tussen middernag en half-elf gebore, met nog op pad vandag. Gesondheids-LUR Bennie Malakoane is vanogged na Botsabelo-hospitaal vir ‘n kuiertjie met die mammas en hul Nuwejaarsbabas, waarna hy ‘n draai by Dr JS Moroka-hospitaal in Thaba Nchu gemaak het.

Bloemfontein se Life Rosepark-hospitaal se Esmarie Cronjé sê by hulle het Magda Wessels om vyf oor vier geboorte geskenk aan ‘n dogtertjie, Lené, wat 3,36kg geweeg het. Sy sê dit gaan goed met ma en dogter.

Mediclinic Bloemfontein spog met twee Nuwejaarsbabas. Gerrit Nieuwoudt het vanoggend met Bloemfontein Courant gesels oor die aankoms van sy dogtertjie, wat 3,2kg geweeg het. "Ons is vanoggend so gelukkig, so om 02.15 is my dogter Gené gebore, sy en mamma is alby gesond. Ek dink nie ek kon vir beter gevra het as om die jaar so te begin nie," sê hy.

Die hospitaal se waarnemende woordvoerder, Jodri Helmand, sê ‘n gesonde seuntjie, baba Welman, is om 02.48 gebore.