DUANE PETRUS – Altesaam 19 sekuriteits- en karwagte rondom Bloemfontein is vandag vasgekeer omdat hulle nie geregistreer is om hierdie soort diens aan die publiek te lewer nie.
Die Private Security Industry Regulatory Authority het ‘n gesamentlike operasie saam met die polisie uitgevoer om onwettige sekuriteitswagte en ondernemings te identifiseer.
Prisa se woordvoerder, Maggie Moroaswi, sê die registrasie is nodig om seker te maak net betroubare mense word toegelaat om die publiek en hul eiendom te beskerm.
Al die wagte wat vandag voorgekeer is sal ‘n R300 boete elk ontvang en die eienaars van diè firmas sal ook boete kry. Wagte by Central Park, Fleurdal, Showgate en ook by die Southern Centre is voorgekeer.