Onnie porno saak uitgestel

0
1178

Duane Petrus –  ‘n Voormalige onderwyser wat na bewering met ‘n internasionale kinderpornografie sindikaat verbind is, het vandag in Bloemfonteinse Landdros hof verskyn.Die afgetrede 63-jarige man is reeds op 16 Augustus op R2 000 bortog vrygelaat. Die man word saam met nog verdagtes in vier ander provinsies in as deel van dieselfde sindikaat verbind. Die sindikaat is deur ‘n organisasie wat in Kanada gebaseer is ontbloot. Die ander aangeklagtes sluit in nog ‘n onderwyser, ‘n sakeman, ‘n afgetrede skoolhoof asook ‘n dermatoloog. Hulle is in Lichtenburg, Bloemfontein, Potchefstroom, White River, Douglasdale en Florida gearresteer. Sy saak is tot 13 Desember vir vedere ondersoek uitgestel.