Ongeluk lei na grootste dagga vonds

0
636

DUANE PETRUS – Die borg aansoek van ses mans in verband met die grootste dagga vonds in die Upington cluster is tot Woensdag uitgestel.
Die polisie het Vrydag middag die vonds gemaak nadat ‘n bakkie wat deur ‘n ander motor gesleeptou was, omgeslaan het.
Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê 66 sake dagga ter waarde van 1.4 miljoen was in die bakkie gevind.
Naidu sê die mans is oorspronklik van Keimoes en het vermoedelik die dagga in Bloemfontein opgetel, waarna hulle dit na Keimoes sou vervoer het.
Jan Swarts, Joseph Swarts, Theodore Maasdorp, Juandre Swarts, Solomon Tsumane en Velile Xangane sal weer Woensdag in die Groblershoop landroshof verskyn.